Loeloeraai  

Loeloeraai bied oornagverblyf vir die kieskeurige sakereisiger of twee persone in 'n pragtige sekuriteitslandgoed in Centurion. Dit het 'n ideale ligging naby hoofweë, restaurante, hospitale, winkelsentrums en lughawens.

Die eenheid het ‘n afsonderlike ingang. Dit het een slaapkamer met slaapplek vir twee gaste. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n sitarea en ingeboude kaste.  Vars linne word daagliks voorsien. Die en-suite badkamer het 'n hoekbad, toilet en stort.

Die kompakte kombuis het 'n yskas, mikrogolf, gefiltreerde water, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei.

DStv, gratis WiFi en veilige parkeerplek.

Die landgoed bied verskeie wandelpaadjies, parke, fonteine, ’n dam, piekniekplekke, speelparke  en drafroetes


www.loeloeraai.co.za

Kontaknommer 082 820 4318 | 082 357 0015