LOELOERAAI se strewe is om in alle opsigte die beste diens en gehalte aan u te lewer. Ten einde dit te doen vra ons u samewerking in die volgende :
Our MISSION is to offer you the best possible service and quality. We therefore ask your cooperation in the following:
ROOK REGULASIES/SMOKING REGULATIONS
Moet asseblief nie ROOK binne die kamer of ander geboue nie. Loeloeraai is ingevolge die wet tot ‘n rookvrye sone verklaar. U is egter welkom om buite te rook.
Please do not SMOKE in your room or any other building. Loeloeraai is a smoke free zone in terms of the tobacco act. You are more than welcome to smoke outside.
REKENINGE / ACCOUNTS
Rekeninge is ten volle betaalbaar by aankoms. Slegs kontant word aanvaar. Bykomstighede soos die huur van die jacuzzi , breek- en ander skade asook wasgoed sal later gehef word en is by vertrek betaalbaar, in kontant
All accounts are to be paid in cash. All accounts must be settled on arrival. Additional items such as hire of the jacuzzi, breakages and other damage as well as laundry will be debited to your account for settlement at departure.
ONTBYT / BREAKFAST
MAANDAG - SONDAG .................................................................... 06:30 - 08:30
MONDAY - SUNDAY ....................................................................... 06:30 - 08:30
KOMBUIS SLUIT STIPTELIK OM 09:00
KITCHEN CLOSES AT 09:00
Ontbyt word met groot sorg voorberei vir u genot en sodat die kos so vars as moontlik voorgesit word. Ontbyt sal gereed wees op die tyd wat u aangedui het nie vroeër nie.
Breakfast is prepared with great care and for your enjoyment. Breakfast will be ready at the time you indicated, not earlier.
Indien u beplan om voor ontbyt te vertrek, mag u by ontvangs reëlings tref vir ‘n kospakkie teen n nominale fooi.
Should you plan to depart before breakfast, you may arrange at reception for a take away, which will be provided at a nominal fee.
DIENS VAN KAMERS / ROOM SERVICING
Kamers word daagliks tussen 09:00 en 11:00 gediens. Behalwe Sondae wanneer slegs beddens opgemaak sal word.
Rooms are serviced daily between 09:00 and 11:00. Except on Sundays when only the beds will be made.
Was asseblief die seesand van u lyf en voete wanneer u van die strand terugkeer. ‘n Stort is vir hierdie doel buite aangebring teen die muur, oorkant die braai en net onderkant die jacuzzi dek.
When returning from the beach please wash the sand from your body and feet. For this purpose an outside shower is available on the wall opposite the Braai - just below the jacuzzi deck.
Daar mag nie in die kamers kos gemaak word nie. Indien u wil voorberei vir ‘n braai, gebruik gerus die werkoppervlak van die braaiplek vir die doel.
No food are to be prepared in the bedrooms. Should you wish to prepare food for a braai use the work area of the braai.
KINDERS/CHILDREN
Kinders is baie welkom by Loeloeraai Gastehuis.
Children are most welcome at Loeloeraai Guest House.
Daar moet egter opgelet word dat sommige gaste graag laat wil slaap in die oggend en ouers word versoek dat kinders nie vroeg in die oggend lawaai nie.
Parents are requested that their children be quiet early in the morning as some guests like to sleep in.
Maak asseblief dood seker dat veral kleiner kinders nie sonder u by die jacuzzi kom nie. Dit is toegerus met ‘n soliede deksel wat vasknip, maar vermy tog ongelukkge ten alle koste. Onthou alle fasiliteite is tot u beskikking maar op eie risiko.
Please ensure that smaller children do not go near the jacuzzi without your supervision. Although the jacuzzi is closed with a solid lid it is better to avoid accidents at all costs. All the facilities are available for the use of our guests at your own risk.
Ouers let asseblief ook daarop dat dit nie Loeloeraai personeel se taak is om u kinders besig te hou nie en/of te vermaak nie.
Parents please note that it is not the responsibility of Loeloeraai staff to look after your children and/or to entertain them.
Apies besoek ons gereeld en hoewel hulle oulik is moet u besef hulle is steeds wilde diere en moet u asseblief verseker dat u kinders hulle nie jaag nie. Wees te alle tye uiters versigtig vir die apies.
We are often visited by monkeys and although they are cute they are still wild animals and should be treated as dangerous. Please ensure that your children do not chase them. Be careful of the monkeys at all times.
HANDDOEKE / TOWELS
Handdoeke is slegs vir gebruik in die kamer, moet dit dus nie uit die kamer verwyder nie.
Towels are for use in the rooms, do not remove the them from your room.
Strand handdoeke kan by ontvangs gehuur word.
Beach towels can be rented at reception.
Sonroom en haarkleursel vlek handdoeke en beddegoed - was dit deeglik af voordat u afdroog of op die bed gaan lê . Die kostes wat verband hou met diesulke skade is aansienlik en kan u hele vakansie bederf - wees dus asb versigtig.
Sunscreen and haircolour stain towels and linen - please rinse this off thoroughly before you use Loeloeraai towels to dry yourself or lie on the bed. Costs relating to damage of this nature are considerable and is likely to spoil your holiday, therefore please be careful !
JACUZZI
Die Jacuzzi/Spa is slegs vir die gebruik van inwonende gaste. Geen kinders toegelaat in die jacuzzi sonder volwasse toesig nie. Doen asb navraag by ontvangs vir die tarief en die jazucci te bespreek.
The jacuzzi is for the sole use of Loeloeraai Guests. No children allowed without adult supervision. Please enquire at reception for the tariffs and to book the jacuzzi.
Om hiegiene in die hand te werk stort asseblief voordat u die jacuzzi gebruik - veral as u van die strand af kom of met sonroom gesmeer het.
For the sake of hygiene please shower before you use the jacuzzi - especially on returning from the beach or if you’ve used sunscreen.
DRAG/DRESS
Geen swemdrag/nagklere word in die sit- en eetkamer toegelaat nie.
No bathing suits/pajamas allowed in the lounge or dining room.
WASGOED / LAUNDRY
Moet asseblief nie nat KLERE ens. oor die meubels in die kamers hang nie. Daar is ‘n wasgoedlyn in die badkamer en indien onvoldoende is daar ook een op die perseel.
Please do not hang wet CLOTHES etc. over the furniture in the rooms. There is a clothes line in the bathroom and if insufficient there is another on the premises.
n Wasgoed diens (2kg of meer) is beskikbaar teen billike tarief. Dit sluit in was, vou en stryk. . Buiten hoog-seisoen is dit n een-dag diens . Die koste sal teen u kamer gedebiteer word vir vereffening by vertrek.
Let asb dat n minimum fooi van R 15:00 geld
A Laundry service is available (2kg or more) at reasonable rate. The service include wash, iron and fold. Except during high season this is a one day service
Please note that there is a minimum charge of R 15:00
ONTRUIMING VAN KAMERS/CHECK-OUT TIME
Die kamer moet nie later nie as 10:00 op die oggend van vertrek ontruim word. Indien nie sal u vir ‘n verdere dag /nag se gelde verantwoordelik wees. Onthou asb dat die volgende gaste, soos u, vanaf 12:00 geregtig is om die kamer te beset en dat dit dan in orde moet wees.
Please vacate your room by 10:00 on the day of departure. Should you not adhere to this stipulation you will be charged for an additional full day. Please remember that the next guests, just like you, are entitled to occupy the room from 12:00 and that the room must be ready for them.
Indien u vroeër wil vertrek bly u steeds verantwoordelik vir die volle rekening vir die bespreekte tydperk.
Should you wish to depart earlier than the period booked for, you are still responsible for the full account.
DOKTER/DOCTOR
Indien u ‘n dokter benodig : Daar is ‘n 24-uur Nooddiens beskikbaar by Kingsway Privaat Hospitaal. Tel : 031-904-3600. Neem asseblief u mediese fonds kaart met u saam.
Should you require a doctor : There is a 24 hour Emergency service available at Kingsway Private Hospital. Tel : 031-904-3600. Ensure that you have your medical aid card to hand.
BRAAI GERIEWE/BRAAI FACILITIES
‘n Braaivleis area is op die terrein geleë, langs 'Neelsie' onderkant die jacuzzi dek. Dit is vir die uitsluitlike gebruik van Loeloeraai gaste.
A braai facility is available on the premises, next to 'Neelsie' below the jacuzzi deck. This is for the exclusive use of Loeloeraai guests.
BRANDBLUSSERS/FIRE EXTINGUISHERS
Brandblussers is op die perseel aangebring.
There are fire extinguishers on the premises.
In geval van ‘n brand ontruim asseblief u kamer en kom byeen op die oop stuk grond oorkant die pad.
In the event of a fire please leave your room in an orderly fashion and congregate on the open ground across the road.
GERAAS/NOISE
Kuier na hartelus maar :/ Please enjoy yourself but :
U word versoek om nie musiek te speel of andersinds geraas te maak wat u mede-gaste sal steur nie.
You are requested not to play music or create any disturbance to other guests.
Geen geraas of musiek na 22:30 nie.
No noise or music after 22:30.
TV-SITKAMER/TV LOUNGE
Dit is daar vir u plesier. U is welkom om daar te sit en lees, ontspan en TV te kyk. TV 1-3 asook Mnet en ‘e’ is beskikbaar.
Is there for your enjoyment. You are welcome to sit and read, relax or watch TV. TV 1-3 as well as Mnet and ‘e’ is available.
Die boeke en tydskrifte moet asseblief nie uit die sitkamer verwyder word nie.
Do not remove the books and magazines from the lounge.
SEKURITEIT/SECURITY
Loeloeraai bestuur sal alle redelike voorsorg tref om u en u besittings te beveilig maar is nie verantwoordelik vir enige verlies of skade wat gaste mag lei nie - ongeag die oorsaak.
Loeloeraai management will take all reasonable steps to safeguard you and your belongings but is not responsible for any loss or damage guests may incur whatever the reason.
Alhoewel ons personeel 100% betroubaar is, moet asseblief nie waardevolle artikels of wuurwapens in u kamer laat rondle nie. Ons sal dit op versoek gratis vir u in die kluis toesluit.
Although our staff is 100% reliable, please do not leave any valuables or firearms unattended in your room. We will lock these safely away in our safe at no extra cost.
Die motorhek sowel as die sy-hek word saans om en by 22:00 toegesluit en weer soggens om 06:00 oopgemaak.
The main gate as well as the side gate are locked between 22:00 and 06:00.
U gebruik alle fasiliteite en geriewe, insluitend parkering op eie risiko.
All facilities, including parking are used at own risk.